015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | Dien die Here met blydskap

Dien die Here met blydskap

Sunday, 28 January 2018 - 9:00am
Dominee: 
Boek: 
Teks: 
Psalm 100:1-2

Voor ons begin om te kyk na wat ons moet doen om die Here in die praktyk van die lewe te dien, moet ons eers vra: “Hoe moet ons die Here dien? Met watter gesindheid?” Diens aan die Here is ʼn saak van
1. blydskap en
2. belydenis.
Om die Here te dien bring blydskap. Ons moet dink aan Wie die Here is en wat Hy vir ons gedoen het, en daarin ons blydskap vind. En dan moet ons dit bely met die dankoffer van ons mond en ons hele lewe. Ons hele lewe moet getuig van sy goedheid en genade. Laat ons weer met blydskap die Here dien.