015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | Die Koning het sy werk gedoen

Die Koning het sy werk gedoen

Friday, 19 April 2019 - 9:00am
Dominee: 
Teks: 
Luk 22: 14 - 23; Joh 18: 39 - 19: 22; 19: 28 - 30
Tema: 

 

Liedere

Psalm 48: 1, 5;
Skrifberyming 5-4: 1, 2, 3 (ou Sk 10);
Skrifberyming 5-4 : 4, 5, 6;
Psalm 33: 7, 11

Pilatus soek maniere om Christus vry te laat. Die Jode skreeu al harder: Kruisig Hom. Hy word die spotkoning gemaak met 'n purper mantel, die kroon van dorings. En as Hy dors kry, kry Hy suur wyn. Vir ure is Hy geslaan. In Hom word elke profesie vervul en kom dit in vervulling tot vandag toe. Die Here se raadsplan word uitgevoer. Die opstand teen God en Sy Gesalfde sal derhalwe in ons eeu toeneem. Die getroue gelowige sal vreemd voel op hierdie aarde. Maar ons belydenis sal bly: Jesus Christus die Here, is ons ewige Koning.