015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | Die Here is werklik by my!

Die Here is werklik by my!

Sunday, 10 June 2018 - 6:00pm
Dominee: 
Boek: 
Teks: 
Jeremia 1:4 - 9; Jeremia 15:15 - 21; Jeremia 20:7 - 12

Jeremia word as profeet geroep.  Hy is minderjarig wanneer hy die opdrag ontvang.  God se belofte is:  Ek is by jou.  Jeremia word gespot en uitgestoot as hy die Here se Woord verkondig.  Hy ervaar dat hy nie op die Here kan reken nie.  God se opdrag aan die kerk en Woordverkondigers bly dieselfde:  Verkondig.  Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in 'n goddelose tyd (Ef.1).  En dan hoor ons Jeremia se belydenis in hoofstuk 20:  U is by my, Here.  God se belofte bly ewig.  Hy is by en met ons, sodat ons kan reformeer en dit ook uit dra waar ek ook al is.