015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | Die Here het opgestaan!

Die Here het opgestaan!

Sunday, 21 April 2019 - 9:00am
Dominee: 
Teks: 
1 Korintiërs 15 : 12 - 28

Liedere

Psalm 45: 1, 2
Psalm 45: 9, 10, 16
Psalm 9: 5, 7
Psalm 119: 22, 33
Psalm 116: 5, 7
Psalm 31: 12, 15

Sonder 'n oop graf sou die kruis niks beteken nie. Die opstanding is die oopbreek van die lewe en die allesomvattende heerskappy van God. Dit is die hart van die Evangelie. Ons geloof staan en val by Jesus Christus en Sy opstanding. Die opstanding het praktiese implikasies vir ons daaglikse lewe. Ons moet lewe soos oorwinnars, want deur Christus is ons deel van die ewige oes. HK So 17 vra dan ook:" Wat is die nut van die opstanding vir ons? Jesus Christus is my Koning en Heerser tot in ewigheid. Ek is bevry om te volg. Ek het opgestaan in 'n nuwe lewe. Sy opstanding is my waarborg vir die ewige lewe.