015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | Die Here is ewig en selfgenoegsaam – maar ook liefdevol!

Die Here is ewig en selfgenoegsaam – maar ook liefdevol!

Sunday, 27 September 2020 - 9:30am
Boek: 
Teks: 
Eksodus 3 vs 1 - 22

VIDEO OPNAME

Liedere:

Psalm 135-1: 1, 2, 3

Psalm 119-2: 4, 7, 10, 18

Ps. 135-1: 8, 9, 11

Skriflesing:

Eksodus 3:1-22 ('83-vertaling)

Eksodus 3:13-15 ('53-vertaling)

Op tagtigjarige ouderdom verskyn die Here aan Moses in 'n vlam binne-in 'n doringbos. Daar ontvang hy die nuus dat die Here hom wil gebruik om sy volk uit Egipte te bevry en om hulle in die beloofde land in te lei.
Moses se reaksie is baie spontaan. "Wie is ék dat ek dit by die farao sou waag en dat ék die Israeliete uit Egipte sou bevry?". Maar God versterk hom en Hy verseker hom dat Hy by hom sal wees. Maar steeds is Moses nie tevrede nie. Sê nou hy kom by die Israeliete en sê vir hulle: "Die God van julle voorvaders het my na julle toe gestuur," en hulle vra vir hom: "Wat is sy Naam?" Moses vra wat hy moet antwoord as die Israeliete vra wat God se Naam is. En God antwoord hom: "EK IS WAT EK IS. Jy moet vir die Israeliete sê: EK IS het my na julle toe gestuur". As die Here aan Moses sê "EK IS WAT EK IS. Jy moet vir die Israeliete sê: EK IS het my na julle toe gestuur", openbaar Hy drie kenmerke van Homself: Hy is ewig, selfgenoegsaam en liefdevol.
 Ewig: Hy het nie 'n begin en 'n einde nie
 Selfgenoegsaam: Hy het niks of niemand anders nodig nie
 Liefdevol: Hy maak bemoeienis met ons