015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | Die Here en sy belange moet en kan ons nommer een prioriteit wees!

Die Here en sy belange moet en kan ons nommer een prioriteit wees!

Sunday, 15 December 2019 - 9:00am
Boek: 
Teks: 
Haggai 1 vs 2-4
Liedere

Psalm 67-2: 1, 2, 3

Psalm 63: 1, 3, 4

Psalm 1: 1, 4

Psalm 65: 2, 3

Skrifberyming 17-1: 1, 5, 6

As daar een ding is wat elkeen van ons elke dag aanvoel, is dit dat ons net te min tyd het. Gevolglik moet ons prioritiseer. Maar is ons prioriteite reg? Deur die profeet Haggai praat die Here met Sy kinders oor prioriteite. Haggai leer ons dat Hy en sy belange ons nommer een prioriteit moet wees ten spyte van ons omstandighede. Ons moet Hom verheerlik deur allereers sy koninkryk te soek, al lyk dit nie of dit nou die tyd is om aan die Here se “tempel” te bou nie (vgl. Matt 6:33). Maar die Here troos ons ook dat sy belange ons nommer een prioriteit kan wees. Toe die volk uiteindelik die bouwerk aanpak, sê die Here vir hulle: “Ek is by julle”. Net so is die Verbondsgod ook by ons! Hy beskerm en versorg ons. Dit doen Hy om Christus ontwil, die Een wat ten diepste “God by ons” is. Hy het ons kom leer wat dit beteken om die Here en sy belange ons eerste prioriteit te maak. Hy het gehoorsaam in ons plek gely omdat God nie ons eerste prioriteit was nie. En deur sy Gees wat in ons woon is Hy by ons, en lei Hy ons in ons prioriteite. Waarvan getuig jou lewe? Bou jy aan jou eie huis of die huis van die Here?