015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | Christus regeer oor alle dinge tot met sy wederkoms

Christus regeer oor alle dinge tot met sy wederkoms

Sunday, 1 March 2015 - 6:00pm
Dominee: 
Teks: 
1 Korintiërs 15:20-28

Skriflesing

1 Korintiërs 15:20-28 [25, 27-28]

Heidelbergse Kategismus, Sondag 19

Liedere

Psalm 99:1, 3 & 5 [492]

Psalm 2:2 [5]

Psalm 2:4 & 6 [5]

Met sy hemelvaart neem Christus die ereplek aan die regterhand van die Vader in.  Sy heerlikheid sien ons dan in twee tye:

  1. Eerstens sien ons dit nou reeds hier op aarde.  Hy is immers nie maar net die Hoof van sy kerk nie, maar Hy lei die ganse wêreld op die weg wat voor die skepping reeds deur God bepaal is.
  2. Ons sien tweedens ook Sy heerlikheid in die toekoms met die wederkoms.  Dan sal elke knie voor Hom buig en Sy heerlikheid erken.  Die koninkryk van God sal dan in sy volheid deurbreek.  Sien ons Christus se heerlikheid raak in die hede en die toekoms?