015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | Aangeneem tot kinders

Aangeneem tot kinders

Sunday, 20 October 2019 - 9:00am
Dominee: 
Boek: 
Teks: 
Rom 8: 12 - 17; 26 - 39
Liedere

Lied 449: 1, 2

Ps 89: 1, 2

Lied 231: 1, 3

Ps 99: 3, 4, 5

Ps 61: 4

Ps 45: 9, 10, 14

Wie het groter liefde as dit: Om jou vyand so lief te kry, dat jy bereid is om jou lewe vir hom/haar te gee. En nou is ons deur aanneming kinders van God. Kinders en erfgename van die ewige lewe. Kindskap waarborg nie voorspoed nie, ons lewe in die oorlogsone van die gebroke wêreld. Ons is verbind aan die Vader, Seun en Heilige Gees omdat God se liefde onpeilbaar is. 21 keer lees ons van die Gees. Ons is nuut gebore uit die Heilige Gees - leef dan soos kinders van die barmhartige God.