015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Dominee | Ds Sarel Venter

Ds Sarel Venter

Datum: Sunday, 10 June 2018 - 6:00pm
Inhoudtipe: Preek

Jeremia word as profeet geroep.  Hy is minderjarig wanneer hy die opdrag ontvang.  God se belofte is:  Ek is by jou.  Jeremia word gespot en uitgestoot as hy die Here se Woord verkondig.  Hy ervaar dat hy nie op die Here kan reken nie.

Datum: Sunday, 17 June 2018 - 6:00pm
Inhoudtipe: Preek

Abram word deur God geroep.  Die Here roep met 'n besondere doel:  Hy skep 'n nuwe geloofsgemeenskap.  Hy ruk Abram uit sy gemaksone om die belofte te ontvang en om 'n seën vir die mense rondom hom te wees.  Uiteindelik word die verbondsvolk van God die draer van die beloftes vir die Middelaar.

Datum: Sunday, 25 February 2018 - 9:00am
Inhoudtipe: Preek

Die Pasga was 'n offer en 'n maaltyd. Pasga beteken die oorslaan van mense wat in God se opdrag en God se fees van bevryding skuiling te soek. Oral waar die bloed is, het die Here die huis met sy inwoners oorgeslaan. Die lam was die plaasvervanger.

Datum: Sunday, 18 February 2018 - 6:00pm
Inhoudtipe: Preek

God se versoeningsdaad is vir die menslike verstand te groot. Hoe kan iemand in vuil klere (in sonde) voor die Allerheilige God staan en dan nog vergifnis ook ontvang? Dit, geliefdes, is die wonder van die versoening in Jesus Christus.

Datum: Sunday, 11 February 2018 - 6:00pm
Inhoudtipe: Preek

Jakob is dood en begrawe. Na die begrafnis is alles weer normaal. Die broers is bang dat Josef hom nou op hulle gaan wreek omdat hulle hom as slaaf verkoop het. Hulle het hom 'n groot onreg aangedoen. Hulle bewerk allerhande planne om Josef te oortuig.

Datum: Sunday, 28 January 2018 - 6:00pm
Inhoudtipe: Preek

Die oproep kom: Die uitkoms is hier. Die volk wat al so baie houe verduur het, wil eintlik nie veel daarmee te doen hê nie. Hulle is pessimisties. So skryf Paulus ook dat die uitkoms hier is: die wederkoms is naby. Dan moet ons hoor: Plaas jou vertroue op die regte plek.

Datum: Sunday, 21 January 2018 - 6:00pm
Inhoudtipe: Preek

Verkondig die eer van die Here met jou alles, in besonder jou stem. God hou alles in stand. Vraag 27 van die HK sit die Here se genade vir ons mooi uiteen. Die skepping gaan voort omdat die Here se ewige Raad voortgaan.

Datum: Sunday, 21 January 2018 - 9:00am
Inhoudtipe: Preek

Ons moet vandag leef. Volledig leef, maar ons stel soms maklik uit. As dit by geloof kom, kan dit baie gevaarlik wees. In 2 Sam. 16-18 lees ons die geskiedenis van Absalom. Hy kom in opstand teen sy pa, koning Dawid. Hy wil hom vermoor, maar as hy moet optree, dan stel hy uit.

Pages